Select Page

Uit rou gebore

Uitgewer: Turksvy Publikasies
Prys: R260
Eerste uitgawe, eerste druk, 2025 – 140 bl
ISBN: 978-1-0370-2998-1

Op ’n Vrydagaand kort voor Kersfees 2016 verloor Elisma van Zyl haar man, Christoffel ná ’n lang kankerlyding. In hul laaste dae saam dink sy aan alles wat sy nog vir oulaas aan hom wil meedeel. Sy sê jammer oor haar foute, bedank hom vir alles wat hy vir haar gedoen het, verseker hom oor en oor van haar liefde. “Ek praat en praat tot daar niks meer oor is om te sê nie en lê net so langs hom in stilte.” Hierdie boek met vertellings, gedigte en dagboekinskrywings is gebore uit die skrywer se rouproses ná die verlies van haar lewensmaat. Dit beskryf haar pad van emosionele pyn, aanvaardig en heling. Ten slotte leer sy om weer voluit te lewe, selfs al is sy alleen.

Oor Elisma van Zyl

Elisma van Zyl is ’n beroepsvrou wat eers ná haar man se afsterwe ernstig begin skryf het. Sy is deel van ’n digtergroep in Mosselbaai. Hul eerste digbundel, Digterstemme, het in 2021 verskyn. Sedert 2019 is verskeie van haar gedigte op die AVBOB Poësie-webblad gepubliseer, asook in die bundels Inkspraak 1 & 2. Een van haar gedigte is ook opgeneem in die Covid-19-bloemlesing, Maskers en mure (Turksvy, 2021). Uit rou gebore bewys dat sy ewe vaardig is met prosa as poësie.