Select Page

Vlieg vorentoe

Uitgewer: Turksvy Publikasies
Prys: R220
Eerste uitgawe, eerste druk: 2021. 124 bl.
ISBN: 978-0-0620 920193

Die digter, wat in Johannesburg gebore is, woon sedert 1993 in Amsterdam waar sy ’n Gestaltterapiepraktyk het, klavierles gee en deeltyds by ’n uitgewer van wetenskaplike, tegnologiese en mediese tydskrifte werk. Dit is haar debuutdigbundel, nadat sy reeds twee novelles en ’n liefdesroman gepubliseer het. In Vlieg vorentoe praat Loots onder meer oor haar verlange na haar vaderland en haar geliefdes hier, terwyl Amsterdam (en Europa) haar terselfdertyd ’n nuwe, kreatiewe lewe, loopbaan en tuiste bied wat sy omarm en liefgekry het.

Oor Irize Loots

Irize Loots is in Johannesburg gebore. Sy het musiek aan die Universiteit van Suid-Afrika gestudeer en daarna aan die Universiteit Stellenbosch ʼn BA-graad en diploma in verhoogbestuur verwerf. Sy woon sedert 1993 in Amsterdam waar sy ʼn kursus in Gestaltterapie voltooi het. Sy het ʼn terapiepraktyk en werk deeltyds by ʼn uitgewer van wetenskaplike, tegnologiese en mediese tydskrifte. Sy gee ook klavierles. In 2016 publiseer sy twee novelles, Vrou in rooi en Sy was Siela. In 2018 publiseer Naledi haar debuutroman, Dromers, wat in 2020 vir die ATKV-Woordveertjies se afdeling vir liefdesromans genomineer is. Van Irize se Afrikaanse gedigte is in die laat tagtigs, toe sy student op Stellenbosch was, opgeneem in universiteitspublikasies, onder andere in Penseel, amptelike tydskrif van die Afrikaanse Studiekring (ASK). Tussen 1999 en 2001 is ʼn hele aantal van haar gedigte in Afrikaans, Nederlands en Engels gepubliseer in publikasies van haar Gestaltskool in Amsterdam en ʼn paar het ook verskyn in ʼn aanlyn Gestalttydskrif, To-C Magazine. vlieg vorentoe is haar debuutdigbundel.