Lens
Uitgewer: Turksvy Publikasies
Prys: R350
Eerste uitgawe, eerste druk, 2025 – 358 bl
ISBN: 978-1-0370-3155-7
Lens speel af tydens die politieke oorgangstyd in Suid-Afrika (1988-1990. Die hoofkarakter, Chris Meyer, is ’n jong joernalis by Oggendspieël. Op sy eie ondersoek hy die dood van die prominente egpaar dr. Albert en prof. Hillerie Strydom ’n dekade tevore in ’n motorongeluk. Albert was ’n polities verligte raadgewer vir die regering. Chris probeer die raaiselagtige omstandighede van die ongeluk ontrafel, en ontdek dat daar ’n verband is met die dubbele moord op dr. Robert en Jeanne-Cora Smit van 1977. Die woorde “RAU TEM” wat teen die muur van hul moordhuis geskryf was, speel ’n sleutelrol in die verhaal.
Oor Gert Coetzee
Die veelsydige, gesoute joernalis Gert Coetzee was Volksblad-redakteur van 2015 tot 2022. In Lens put hy uit 35 jaar se ondervinding in die nuusloopgrawe om met insig te skryf oor politieke veranderinge in die land in die laat 1980’s – en oor wat kon gewees het.
