Select Page

Palimpses

Uitgewer: Turksvy Publikasies
Prys: R250
Eerste uitgawe, eerste druk, 2022. 145 bl.
ISBN: 978-0-6397-0841-6

Palabra is die dogter van Sofia, die ongetroude vrou van die ongenoemde man.

Sy is ʼn woord op soek na haar oorsprong en Palimpses is haar reis – deur mensword en verhoudings, van die binneland na die kus na die buiteland. Behalwe ʼn boeiende verhaal is dit ook ʼn reis deur interteks en taal.

’n Palimpses is ’n perkamentrol wat hergebruik is nadat die oorspronklike skrif daarop afgekrap is. Die eerste teks skemer dikwels nog deur soos die mites, sprokies en letterkundige tekste in hierdie boek om daarop en daarmee ʼn nuwe teks te skep – soos ʼn papierbootjie gevou uit die bladsy van ʼn ou manuskrip.

Oor Ilse van Staden

Ilse van Staden het op ’n plaas in die Waterberg grootgeword en as veearts aan die Universiteit van Pretoria gekwalifiseer. Haar pa, Hampie, was drie jaar staatsveearts in Namibië (destyds Suidwes), daarna ‘n aantal jare dosent by Onderstepoort, van 1976-1989 ‘n boer, en eers van 1990 weer veearts-cum-boer op Vaalwater. Haar ma, Marcella de Boom, was ‘n kunstenaar.
Ilse het ’n B.A. in Kreatiewe Skryfkuns aan Unisa en ’n Diploma in Vryskutjoernalistiek verwerf. In 2012 het sy en haar man na Australië verhuis. Haar publikasies sluit in die digbundels Watervlerk (2003), Fluisterklip (2008), Die dood is ʼn mooi blou blom (2009), Waar die oog van stil word (2016) en Verveertaal (2022); en haar prosa Tafel vir twee (2009), Simon says (2015), Goeie dood wat saggies byt (2016) en More than one way to kill a cat (2019). Watervlerk (Tafelberg, 2003). Watervlerk (Tafelberg, 2003) is met die Eugène Marais- en Ingrid Jonker-prys bekroon. Die voorbladskildery op Palimpses, Invasion, is deur Ilse se ma gedoen.