Select Page

digby

Uitgewer: Turksvy Publikasies
Prys: R250
Eerste uitgawe, eerste druk: 2022, 82 bl.
ISBN: 978-0-620-98032-6

In hierdie boeiende debuutbundel word die aandag gevestig op die wesenlike kenmerke van objekte, mense en alledaagse ervarings soos die verloop van tyd, die wisseling in seisoene en verandering van landskappe. Dit is ’n vorm van abstraksie. Daar word so intens en digby na dinge gekyk dat dit heeltemal anders en nuut lyk. Die titel, digby, sinspeel ook op die digter se abstrakte kunswerke wat by elke gedig staan. Die veertig kwatryne, waarin alles tot die essensiële gereduseer word, is verwant aan die digtheid en helderheid van Japannese haikoes.           

Oor Elmarie Stofberg

Elmarie Stofberg is op Stellenbosch gebore en getoë. Sy matrikuleer aan die Hoër Meisieskool Bloemhof en behaal die grade BA (HOD) en MPhil in Linguistiek aan die Universiteit van Stellenbosch. Aanvanklik hou sy skool en onderrig tale, maar dit word haar lewenstaak om leesontwikkelingsprogramme vir kinders aan te bied sodat hulle die wonderwêreld van lees kan ontdek. Sy en haar man woon op ’n plaas buite Rawsonville. Sy put grootliks haar inspirasie uit die asemrowende natuurskoon van daardie omgewing.