Select Page

Ons dienste

Evaluering

van manuskrip

Ons sal enige manuskrip wat aan ons voorgelê word teen ’n geringe koste evalueer en ’n kort verslag aan die skrywer stuur om aan te dui of dit publiseerbaar is al dan nie.

Die verslag sal voorstelle bevat as basis om die manuskrip te verbeter indien dit nie aanvanklik geskik is vir publikasie nie.

Redigering en

manuskripontwikkeling

Indien ’n manuskrip meriete het, sal ’n redakteur met die skrywer konsulteer om dit te ontwikkel en verfyn.

Hier word onder meer gekyk na elemente soos die ontwikkeling van die storielyn en karakters, dialoog, struktuur en konteks.

Met redigering word aandag gegee aan feitelike korrektheid, deurlopende konsekwentheid, geloofwaardigheid en ’n hele aantal ander slaggate wat ’n verhaal of gedig kan laat struikel.

Proeflees

en taalversorging

Hier word die dienste van bekwame taalversorgers en proeflesers gebruik om seker te maak jou teks is foutloos. Spelling, leestekens, sinstruktuur en taalfoute word nagegaan en gekorrigeer.

Hierdie uiters belangrike aspek word dikwels afgeskeep deur mense wat verkies om hulle eie werk uit te gee. Dis dan dat ’n boek vol foute op winkelrakke beland.

Met Turksvy Publikasies is daar nie kortpaaie nie – die manuskrip moet sonder foute uitgegee word.

Setwerk

en uitleg

Die uitleg van die manuskrip en setwerk word deur professionele mense gedoen om te verseker die teksgrootte, bladuitleg en lettertipe is op standaard en gemaklik op die leser se oog.

Professionele

omslagontwerp

’n Boek se voorblad, rugkant en agterplatteks moet visueel stimuleer en die leser as ’t ware uitnooi om die boek te koop.

Vir hierdie doel gebruik Turksvy Publikasies ook kundiges en hou die voorstelle en indrukke van die skrywer in gedagte.

ISBN-

registrasie

Turksvy Publikasies doen aansoek vir ’n ISBN-nommer vir elke publikasie en voorsien ook elke boek van ’n strepieskode wat vereis word vir die verkoop van boeke in boekwinkels en aanlyn.

Drukkers

toe

Turksvy Publikasies onderhandel met verskeie drukkers om die beste prys vir die skrywer te bekom en is deurentyd in verbinding met die maatskappy totdat die finale produk gelewer word.

Professionele

webwerf-ontwerp

Sommige skrywers wil graag hulle eie webtuiste ontwikkel vir meer blootstelling en professionaliteit. Turksvy Publikasies kan ook hiermee behulpsaam wees.

Ons bied ook ‘n omvattende skryfkursus

Turksvy Publikasies het ’n skryfkursus ontwikkel om aspirantskrywers te lei om die korrekte gereedskap te gebruik om skryftalent te slyp as ’n aanvanklike poging nie publiseerbaar is nie.

’n Bekostigbare skryfkursus wat skrywers op hulle eie tyd aan die hand van spesifieke opdragte en riglyne voltooi, word aangebied.

Daar word onder andere gekyk na kwessies soos karakter-ontwikkeling, boeiende storielyne, ontwikkeling van lewendige dialoog, showing and telling asook tegniese aspekte in die aanbieding van ’n manuskrip.

Kontak ons

Ons hoor graag van jou. Vul asseblief die kontakvorm in of stuur ‘n e-pos na marlene.turksvypublikasies@gmail.com.

E-posadres

marlene.turksvypublikasies@gmail.com

Kontaknommer

083 308 6305