Select Page

Ronnie die renostertjie

Uitgewer: Turksvy Publikasies
Prys: R100
Eerste uitgawe, eerste druk. 2021. 25 bl.
ISBN 978-0-620-90933-4

Klein Ronnie se hart is baie seer. Hy is maar ses weke oud en slegte mense, wat stropers genoem word, het sy mamma seergemaak. Nou woon hy by Milah en haar pa, ’n wildbewaarder, wat na bedreigde diere omsien voordat hy hulle help terugplaas op die oop veld, hul natuurlike woonplek. Eendag, toe Ronnie al ’n groot renoster is, wag daar ’n groot verrassing op Milah en haar pa! ’n Leersame boek vir kinders van alle ouderdomme … met interessante renosterfeite en ’n lekker lys van woorde wat jy in die storie teëkom – om jou perfek te leer spel.

Oor Jurina Aucamp

Jurina Aucamp was 30 jaar in die onderwys, met die laaste deel van haar loopbaan by Laerskool Gene Louw in Durbanville. Sy het Ronnie die renostertjie geskryf na aanleiding van ‘n dogtertjie se liefde vir renosters.  Jurina is getroud met Bennie Aucamp, afgetrede skoolhoof van Laerskool Eikestad in Stellenbosch. Hulle het twee jaar gelede na Hartenbos verhuis. Hulle het drie kinders en vyf kleinkinders. Haar liefde vir haar kinders en kleinkinders is vir haar ’n groot inspirasie om te skryf en harte en gesinne te bereik.