Select Page

Milka en Sebastiaan: die snaakse gevoel

Uitgewer: Turksvy Publikasies
Prys: R200.00
Eerste uitgawe, eerste druk, 2024.  30  bl
ISBN:  978-1-0370-0141-3

Milka die muisie woon saam met sy gesin in ’n muiskolonie tussen die boomwortels van ’n groot akkerboom in die tuin van sy mensemaatjie, Sebastiaan. Hy steek hierdie spesiale vriendskap vir sy ouers weg, want die grootmuise verstaan nie dat muisekinders en mensekinders goeie vriende kan wees nie. Milka se twee groot, ongeskikte neefs, Antonie en Lukas, boelie hom hieroor en dreig om hom by sy ouers te verklap. Dit maak Milka baie hartseer en bang, maar dan neem hy ’n dapper besluit wat alles verander.

’n Verhaal (vir ouderdom nagenoeg 4-10) met ’n Christelike inslag … oor vriendskap, alleenheid en die hantering van boeliegedrag: Hoe moet jy optree as boelies jou teiken?

Oor Charmaine Beneke

Charmaine Beneke is die ma van twee seuns, Henlo en Daniël. Sy is passievol oor haar geloof en haar huisgesin. Oudtshoorn is die afgelope twee-en-twintig jaar al haar tuiste. Milka en Sebastiaan: Die snaakse gevoel is die tweede in hierdie reeks oor die vriendskap tussen ’n muisie en ’n seuntjie, ná die publikasie van Milka en Sebastiaan in 2023. Charmaine put haar inspirasie uit haar seuns by wie sy leer om met nuwe oë na die lewe te kyk. Die gesin onderneem gereeld avonture saam. Haar hartsbegeerte is dat haar boeke jong lesers sal aanraak sodat hulle besef as Jesus vír jou is, niemand teen jou kan wees nie.