Select Page

Maatjie-lief in ‘n skulp

Uitgewer: Turksvy Publikasies
Prys: R250
Eerste uitgawe, eerste druk, 2022, 42 bl.
ISBN 978-0-6397-2870-4

Toe Annica saam met haar pappa en mamma see toe vertrek, het sy nooit kon droom dat sy in dié vakansie ’n gawe nuwe maatjie gaan maak nie. Ouma het dit dalk vooraf geraai, want toe sy haar kleindogter groet, sê sy vir haar:

“Hou jy maar net jou oë op die sand
en wie weet, dalk beland ’n maatjie-lief in ’n skulp in jóú hand!”

Maatjie-lief in ’n skulp is die verhaal oor ’n gesin se seevakansie en klein Annica se besonderse vriendskap met ’n wesentjie wat in ’n pragtige skulp tussen die rotse woon.

Oor Franci Janse van Vuuren

Franci Janse van Vuuren is verbonde aan die Universiteit van Johannesburg as bestuurder van verskeie akademiese ontwikkelings-en ondersteuningsprojekte. Die digkuns en prosa het nog altyd ’n belangrike deel van haar lewe uitgemaak en daar draai gereeld “stukkies stories” in haar gedagtes rond. Sy is getroud met Hannes en hulle het een dogter, Annica.

Oor Carin de la Harpe

Carin de la Harpe, ’n kunstenaar van Hartbeespoort, se liefde vir teken het in die biologieklas op hoërskool begin. Sy skilder nou al vyf-en-twintig jaar voltyds in olie. Franci se versoek om haar droomboek te illustreer, was ’n uitdaging wat gelei het tot agt-en-twintig sketse om Annica en Andante op papier te laat lewe. Sy is getroud met Deon en het twee seuns, Marais en Jandré, en ’n skoondogter, Ingrid.