Select Page

Bella Bromvoël red die diere

Uitgewer: Turksvy Publikasies
Prys: R100
Eerste uitgawe, eerste druk 2021, 28 bl.
ISBN 978-0-620-93301-8

Bella Bromvoël is een van die mooiste diere van die veld. Maar ai, so baie ander diere is jaloers op haar helder kleure, haar pragtige snawel en haar statigheid. Hulle sê sy hou haar windmakerig omdat sy so regop en neus-in-die-lug stap. Dit maak Bella baie hartseer. Sy wil ook graag maats hê, want dis glad nie waar dat sy haar spoggerig hou nie. Op ’n dag gebeur daar iets vreesliks op die oop veld waar al die diere woon. Dis Bella se kans om te wys sy het ’n sagte, hulpvaardige hart en verdien nie die ander diere se gespot en beledigings nie.

’n Leersame boek vir kinders van alle ouderdomme …  met interessante bromvoëlfeite en ’n lekker lys van woorde wat jy in die storie teëkom  – om jou perfek te leer spel.

Oor Jurina Aucamp

Jurina Aucamp was 30 jaar in die onderwys, met die laaste deel van haar loopbaan by Laerskool Gene Louw in Durbanville. Jurina is getroud met Bennie Aucamp, afgetrede skoolhoof van Laerskool Eikestad in Stellenbosch. Hulle het twee jaar gelede na Hartenbos verhuis. Hulle het drie kinders en vyf kleinkinders. Haar liefde vir haar kinders en kleinkinders is vir haar ’n groot inspirasie om te skryf en harte en gesinne te bereik.

Kontak ons

Ons hoor graag van jou. Vul asseblief die kontakvorm in of stuur ‘n e-pos na turksvypublikasies@gmail.com.

E-posadres

turksvypublikasies@gmail.com

Kontaknommer

083 467 1522