Select Page

Windvogel en Cupido: Die herkoms en betekenis van Nederlandsklinkende Khoisan-vanne in Afrikaans

Uitgewer: Turksvy Publikasies
Prys: R260 (BTW ingesluit)

Eerste uitgawe, eerste druk, 2025 – 158 bl
ISBN: 978-1-83492-359-8

Identiteitsoeke is ’n aktuele onderwerp by die Khoisan-mense van Suider-Afrika. Kennis van die herkoms en betekenis van familiename is ’n essensiële deel daarvan. Hierdie studie verduidelik waar die Nederlandsklinkende vanne van die oudste bevolkingsgroep, die eerste mense van Afrika, vandaan kom. Die historiese en kulturele bande van die “bruin gemeenskap” in Suid-Afrika met die koloniale verlede van Nederland word hier in die kollig gestel.

Die skrywers en vertaler

Bart de Graaff (oorlede 2024) was ’n historikus, joernalis en ’n groot kenner van die
Afrikaanssprekende gemeenskappe van Khoisan-afkoms in Suid-Afrika en Namibië.
Hy het twee boeke oor dié onderwerp die lig laat sien: Ware mense (2017) en
Barend Barends, die vergete kaptein van Danielskuil (2019).

Miriam Grootscholten is ’n lettterkundige wat spesialiseer in fiksie en niefiksie van
Wes- en Suid-Afrika. Sy resenseer boeke vir onder meer www.afrikanieuws,nl. Op
die oomblik is sy werksaam as navorser en dosent in Nederlands as tweeede taal.

Die digter, vertaler en bloemleser Daniel Hugo studeer aan die Universiteite van Stellenbosch, Pretoria en Bloemfontein, en verwerf ’n doktorsgraad oor die vernufspoësie. Nadat hy ’n jaar lank onderwys in Windhoek gegee het, word hy ’n lektor in die Afrikaanse en Nederlandse letterkunde aan die Universiteit van die Vrystaat. In 1983 studeer hy aan die Katholieke Universiteit van Leuven in België. Daarna was hy ’n omroeper by die Afrikaanse radiodiens van die SAUK, waar hy verantwoordelik was vir die literêre programme. Daar het reeds sewentien digbundels uit sy pen verskyn – die jongste is Kategismus van 2025 (Turksvy). Sy rubrieke, resensies en meningstukke is in twee bundels saamgevat, Vers & Kapittel I (Kraal, 2018) en II (Turksvy, 2025).