Select Page

Pelgrim

Uitgewer: Turksvy Publikasies
Prys: R180
Eerste uitgawe, eerste druk. 2022. 60 bl.
ISBN 978-620-99458-3

Die pelgrim in hierdie boek probeer sin in sy lewe vind ná ’n egskeiding. Hy onderneem ’n vyfdaagse staptog deur ’n onherbergsame landskap. Die natuurverskynsels wat hy op sy tog teenkom – rivier, fontein, klipkoppie, sonlig, wolk, arend – word simbole om die spreuke van sy roetekaart konkreet te illustreer. Daar is ook die wyse vrou Jemima. Ten slotte kom hy tot berusting en selfinsig. Hierdie kort maar kragtige teks is ‘n waardevolle toevoeging tot die camino-genre in Afrikaans. Wysheidsliteratuur op sy beste.

Oor Jan Bronkhorst

Jan Bronkhorst (1954) word groot in Kaapstad teen Seinheuwel se hellings. Hy is vir ’n paar jaar betrokke in landbou en natuurbewaring in Namibië. Die laaste paar dekades trek hy rond as predikant. Vroeg reeds ontdek hy insig kom deur die skryf van stories. Hy hunker voortdurend na fynbos-berge en die see.