Select Page

grondstof

Uitgewer: Turksvy Publikasies
Prys: R240
Eerste uitgawe, eerste druk: 2022. 92 bl.
ISBN: 978-0-6397-2723-3

Die gedigte in hierdie debuutbundel is deurdrenk van die aardse oer-elemente en die seisoene. Helena Ewert skep haar gedigte uit dié grondstof. Die woorde kry ’n tasbaarheid, sigbaarheid en hoorbaarheid, ’n liggaamlikheid, waarmee sy ook die liefde besing. Sy gaan met woorde om soos ’n skilder met kleure, ’n komponis met klank en ’n beeldhouer met klei. Die leser word oorweldig deur die ryk sintuiglikheid en woordweelde van hierdie fyn afgewerkte verse.

Oor Helena Ewert

Helena Ewert (1968) skryf gedigte vandat sy 15 is – destyds met die aanmoediging van Petra Müller, later met dié van Lina Spies terwyl sy haar dosent by die US was. Sy het as skoolkind in Poort gepubliseer en later in studentepublikasies. In 2021 word ’n gedig van haar opgeneem in Maskers en mure, ’n bloemlesing oor die Covid-19-pandemie. Sy is ‘n Afrikaansonderwyser op Oudtshoorn.