Select Page

Die reus van Groenberg

Uitgewer: Turksvy Publikasies
Prys: R250
Eerste uitgawe, eerste druk: 2023.  44 bl.
ISBN: 978-0-6397-9790-8

 

In die dorpie Groenberg woon almal gelukkig saam. Die inwoners werk hard om die omgewing mooi te hou en hul landerye dra gereeld groot oeste. Maar op ’n dag verander alles toe ’n reusagtige figuur agter die groot berg teenaan die dorp verskyn … en die bevreesde inwoners begin dreig. Niemand kan ’n plan bedink om van die reus van Groenberg ontslae te raak nie, om te keer dat hy al die kos op die lande opeet en die dorp stukkend trap – totdat Gunther, die dorp se glasmakertjie, skamerig sy hand opsteek …

Hanli Burger

van Prins Albert het ’n onversadigbare leeslus – poësie, romans en kinderboeke. Want, glo sy, boeke is jou heel beste vriende. Wanneer sy nie kunsklasse gee of skilder nie, het sy ’n notaboek en potlood in die hand, want “skryfwerk is ’n manier om negatiewe emosies en energie doeltreffend in iets positiefs te omskep. Dis ’n lewensdraad wat my aard”. Sy is ’n fyn waarnemer van mense en hul dinge, indrukke wat sy gereeld tot gedigte en kortverhale omskep. In 2021 word haar gedig in die pandemiebloemlesing Maskers en mure (Turksvy Publikasies) opgeneem, en sy verower in dieselfde jaar ook die eerste en derde prys in die afdeling kortverhale (debuutwerk) van die Bloemfonteinse Skrywersvereniging. Sy is ook al in skryfkompetisies van die Prins Albert Leesfees vir haar digkuns en kortverhale bekroon. Die reus van Groenberg is haar debuutkinderboek