Select Page

Goed wat gebeur het met mense op plekke

Uitgewer: Turksvy Publikasies
Prys: R300 (BTW ingesluit)

Eerste uitgawe, eerste druk, 2025 – 134 bl
ISBN: 978-1-0492-1153-4

Anna-Bet Stemmet se debuutkortverhaalbundel word op die agterplat beskryf as “klein stukkies doodgewone heiligdom tussen die hustle en swoeg”. En die musikant en skrywer Hunter Kennedy skryf: “Met ’n oog vir detail en ’n tong in die kies vertel Anna-Bet van grootmensskap, braaibroodjies, familie-erfstukke, middernagtelike WhatsApps en hoenders wat beter ouers is as jy. Hierdie bundel is vir elkeen wat al in ’n sweetpakbroek op ’n stoep gesit en wonder het: is dit nou hoe dit eindig? Dis snaaks. Dis sag. Dis skerp. Soos ’n lekker kombuisgesprek by ’n andersins vervelige huispartytjie.” Een van die verhale, “Chatsworth, Suster”, is opgeneem in die 2025-Woordfeesbundel.

Anna-Bet Stemmet

Anna-Bet is ’n storiespinner en woordwerker, woonagtig in die Swartland saam met haar man, Jacques, en twee dogters, Alexandra en Valkyrie. Sy kan brei en (soort van) arc weld, bestuur soos ’n outannie en is om die een of ander rede glad nie bang vir kokkerotte nie. Haar stories is meestal self-beleefde dinge waarin sy soms goeters by-lieg vir ekstra spice en lekkerder vertel.