Select Page

Smee

Uitgewer: Turksvy Publikasies
Prys: R250
Eerste uitgawe, eerste druk: 2021. 98 bl.
ISBN 978-0-620-97149-2

In sy debuut as digter ontgin die sielkundige en visuele kunstenaar Gerhard Barkhuizen (1956) onder meer die wisselwerking tussen woord en beeld. Net soos metaal kan woorde gesmelt, gegiet, gesmee en gesweis word om nuwe en verrassende vorms te skep. Die afgebeelde kunswerke in dié uitsonderlike bundel is almal van sy hand. Benewens die beeldende kuns handel sy gedigte ook oor ervarings uit sy nomadiese jeug, sy buitelandse reise en praktyk as sielkundige. In Smee is ’n ambagtelike en woordvaardige kunstenaar aan die werk. Dit is verse dié waaruit die vonke spat.

Oor Gerhard Barkhuizen

Gerhard Barkhuizen (1956) is ’n sielkundige en visuele kunstenaar. In sy debuut as digter ontgin hy onder meer die wisselwerking tussen woord en beeld. Net soos metaal kan woorde gesmelt, gegiet, gesmee en gesweis word om nuwe en verrassende vorms te skep. Die afgebeelde kunswerke in die bundel is almal van sy hand. Benewens die beeldende kuns handel sy gedigte ook oor ervarings uit sy nomadiese jeug, sy buitelandse reise en praktyk as sielkundige. In Smee is ’n ambagtelike en woordvaardige kunstenaar aan die werk. Dit is verse dié waaruit die vonke spat.