Vere langs die pad
Uitgewer: Turksvy Publikasies
Prys: R300 (BTW ingesluit)
Eerste uitgawe, eerste druk, 2025 – 272 bl
ISBN: 978-1-83492-097-9
In sy tweede bundel vertellings – rubrieke, sketse, waarnemings – is die goue draad wat hierdie biografiese kortverhale bind die skrywer se beskouing van die lewe … dikwels vertederend, nooit selfvertroetelend nie. Ons almal word gevorm deur ervarings, indrukke en gebeurtenisse, maar nie almal kan, soos Stephan Henrico, afstandelik perspektief daarop gee nie. In sy geval is dit sy grootwordjare, sy loopbaan as weermagoffisier, sy rol as gesinsman, maar ook plek, tyd en omgewing, wat die grootste rolle in sy lewe speel. Wat hom dwing tot ’n baie bepaalde lewensuitkyk, sy mantra (wat ons almal s’n kan wees): life is good!
Vere langs die pad volg op Verhale uit Volstruisville (Turksvy, 2023).
Stephan Henrico
Stephan Henrico is ’n eggenoot, pa en soldaat wat in Oudtshoorn gestasioneer is as Offisier in Bevel van die Health Centre South Coast van die Suid-Afrikaanse Weermag. Hy is ’n gebore Pretorianer, matrikuleer in Frankfort en klaar in 1993 in as nasionale dienspligtige by 1 Onderhoudseenheid, Diskobolos, Kimberley. Sy loopbaan neem hom hom na Youngsfield, Pietersburg, Saldanha, Lephalale en Lohatlha. Die Henrico’s is sedert 2017 trotse inwoners van die Vrye Republiek van Volstruisville op Oudtshoorn. Hy is getroud met Vicky en hulle het twee kinders, Anya en Möller.
