Select Page

Tussentogte

Uitgewer: Turksvy Publikasies
Prys: R250
Eerste uitgawe, eerste druk, 2025 – 130 bl
ISBN: 978-1-0370-8295-5

In tussentogte kyk Johan Cilliers deur die bifokale bril van godsdiens én wetenskap na die mens en sy teenwoordigheid op aarde. Hy verset hom teen die formules en abstraksies van die “toga-teologie”. Op sy deurtog deur die lewe ervaar die gelowige die misterie van die Ewige juis op ’n sintuiglike wyse. Hierdie digter bring ons met sy fyngeslypte woord digter by die wonder van die hier en die Hierna. – Daniel Hugo

Oor Johan Cilliers

Johan Cilliers (1954) is ʼn emeritus professor van die departement Praktiese Teologie en Missiologie aan die Universiteit Stellenbosch. Hy het al as besoekende dosent opgetree by universiteite in Swede, Switserland, Nederland en Duitsland. Benewens 130 artikels in vaktydskrifte het hy ook 23 populêre en 19 akademiese boeke geskryf waarvan sommige in Duits, Koreaans en Russies vertaal is. Naas teologie het hy ʼn lewende belangstelling in astronomie, genealogie en estetika – en ʼn groot liefde vir sy plek van herkoms, die Karoo. Hy is getroud met Elna en hulle het twee kinders, Jacques en Karen.