Select Page

Op die nerf af

Uitgewer: Turksvy Publikasies
Prys: R240
Eerste uitgawe, eerste druk: 2022. 110 bl.
ISBN 978-0-620-98568-0

Die meeste gedigte in hierdie bundel het ontstaan nadat Anita van der Walt ses weke in ’n hoësorgeenheid op ’n ventilator in ’n medies geïnduseerde koma gehou is ná breinbloeding. Later van tyd het sy haar oë oopgemaak … en nog ’n bietjie later kon sy huis toe gaan. Sy kyk as ’t ware met nuwe oë na die wêreld. Die gedigte getuig van verwondering oor die skoonheid van die lewe en die natuur. Sy skryf sowel beeldryke vrye verse as gedissiplineerde haikoes en tankas. Elke gedig is ’n verkenning en besinning in die kleine. Op die nerf af is ’n waardige vervolg op haar debuutbundel, Hierdie Maandag is abstrak van 2020.

Oor Anita van der Walt

Anita van der Walt woon aan die voet van Tafelberg. Sy is ’n mediese dokter met ’n liefde vir skryf. Sy hou van boeke, klassieke musiek en keramiekkuns. Weg van die woelinge van haar praktyk oes sy olywe digby die Baviaanskloof vir smullekker olyfolie. Haar seun en dogter is haar trots. Versindaba en die Tuin van Digters het digkuns vir haar ontsluit. Hierdie Maandag is abstrak is haar debuutbundel waaraan sy die afgelope aantal jare gewerk het. Sy het meer as 70 van haar gedigte asook ’n aantal haikoes en tankas vir die bundel uitgesoek en versorg. Die gedigte neem die leser op ’n reis deur die natuur, na plekke soos Italië en Nederland en ook na binne waar die liefde, afskeid en die dood besoek word.