Select Page

Wanneer woorde asemhaal

Uitgewer: Turksvy Publikasies
Eerste uitgawe, eerste druk 2023. 94 bl.
Prys: R250.00
ISBN: 978-0-7961-1778-6

 

Vir Maritha Broschk is woorde dit wat lewe skep en bevry. Wanneer woorde asemhaal, word die liefde sinvol en die dood draaglik. Sy vind aanklank by mededigters, skilders en komponiste wat alledaagse kwellings en verskrikkings tot skoonheid kan omtower. In hierdie verse verrys woorde triomfantelik uit die kerker van die mond om die leser mee te sleur en met nuwe oë na die lewe te laat kyk.

Oor Maritha Broschk

 is ’n entrepreneur en vryskutskrywer wat onder andere meer as 900 tekste vir die gewilde sepie 7de Laan geskryf het. Sy dig al van kindsbeen af. Van haar gedigte is in versamelbundels opgeneem, waaronder Maskers en mure (2021) en die lewe is ’n asem lank (2023). In 2020 verwerf sy ’n tweede plek in AVBOB se landswye poësiekompetisie uit meer as 3 000 Afrikaanse inskrywings. wanneer woorde asemhaal is haar debuutbundel.