Skulpkrale: Kwatryne
Uitgewer: Turksvy Publikasies
Prys: R250
Eerste uitgawe, eerste druk, 2025 – 80 bl
ISBN: 978-1-0370-8124-8
Grot
Dit ruik na see. En klammigheid. En rook.
Mense was hier. Kyk, meer as een herd.
Skulpkrale, oker met patrone, skerp
implemente vir kook. Vir teken. Doodmaak ook.
Oor Marié Heese
Marié Heese is veral bekend vir haar historiese romans in Afrikaans en Engels. Die familiekroniek Die uurwerk kantel (1976) was jare lank op skool voorgeskryf. Die jongste, Die laaste dae, handel oor die uitbarsting van Vesuvius in 79 n.C. Dit het in 2024 by Turksvy verskyn. Sy is ook ’n vaardige beoefenaar van die kort versvorms: die haikoe en kwatryn. Haar bundel, Haiku for Africa, sien in 1997 die lig. Skulpkrale is haar debuut as Afrikaanse digter.
