Select Page

Ligloop as skoene te maklik pas

Uitgewer: Turksvy Publikasies
Prys: R220
Eerste uitgawe, eerste druk, 2022. 90 bl
ISBN 978-1-7764030-2-8

Die lewe is gekompliseerd en ons word daagliks met inligting gebombardeer waarvolgens ons besluite moet neem – en dit doen ons ongelukkig dikwels op grond van aannames en persoonlike persepsies. Juis daarom moet ons Ligloop as skoene te maklik pas, want ons trek gereeld skoene (of skoeisel/of voetgoed) aan wat glad nie vir ons bedoel is nie. Hierdie boek is ’n eenvoudige en praktiese rigsnoer om te help met kommunikasie, met die manier waarop ons ons eie werklikheid skep en hanteer, en hoe ons negatiewe gewoontes kan verander en doelwitte bereik.

Oor Hannes Visser

Hannes Visser was ongeveer twintig jaar lank (met onderbrekings om ander avonture te beleef) in die onderwys betrokke en was vir nege jaar ‘n skoolhoof. Daarna was hy redakteur van ’n gemeenskapskoerant, maar het ná tien jaar besluit om hom voltyds op skryfwerk toe te spits. ’n Aantal van sy kortverhale en gedigte het reeds in nasionale kompetisies toekennings ontvang. Hy is ’n geakkrediteerde lewensafrigter, tree op as geleentheidspreker en beoefen beeldende kuns, houtwerk en pottebakkery as stokperdjies. Hy en sy vrou, Manda, woon op Oudtshoorn. Hulle het twee getroude kinders, Tanya en Anton.