Select Page

Boekmense

Vir Marlene
Deur Daniel Hugo
 

Deel hierdie artikel:

As jy boeke het, het jy nie vriende nodig nie. Dit het ‘n onderwyser meer as ‘n halfeeu gelede vir ‘n skaam, lesende meisie gesê. Dit het haar bygebly en vandag is sy self ’n suksesvolle uitgewer van boeke. Boeke wat mense uit verveling, eensaamheid en ellende kan red.

Elke nuwe boek is ’n potensiële vriend. Maar boeke kan ook ongemaklike situasies tussen mense veroorsaak. Dit het al gelei tot verleentheid en erger nog: kwaaivriendskap.

Toe my oom André Hugo oorlede is, het sy weduwee sy versameling Bybels in talle tale vir die kerk geskenk om op ’n basaar te verkoop. Voorin elke boek was sy naam swierig gekalligrafeer. ’n Week of wat ná die geleentheid klop ’n oudkollega van my oom aan haar deur. In ’n plastieksak kry sy al die Bybels terug.

Die kollega is erg ontsteld en wil weet hoe dié waardevolle versameling op ’n basaar beland het. Tot haar verleenthed moes my tante verduidelik dat sy na ‘n woonstel gaan verhuis en nie plek het vir haar man, ’n akademikus, se boekery nie. Die kollega is toe weer met die sak daar weg. Waarskynlik om dit vir die volgende basaar te skenk.

’n Beroemde geval van boeke wat tot kwaaivriendskap gelei het, is dié van Gerrit Komrij en Boudewijn Büch – albei Nederlandse digters en boekversamelaars. Nomen est omen, het Plautus gesê: die naam is ’n voorteken. In die geval van Büch was dit ongetwyfeld waar. Hy het in sy lewe ’n enorme hoeveelheid Goethe-uitgawes byeengebring. Komrij se boekversameling het sedert 2000 onder meer die ganse Afrikaanse digkuns ingesluit.

Die twee vriende het mekaar probeer troef met wie die skaarsste en mees gesogte boekuitgawes besit. Hulle het saam antikwariese boekwinkels besoek en noukeurig deursnuffel op soek na vondste.

Dié vriendskap het geduur totdat Komrij op ’n dag in die katalogus van ‘n bekende Nederlandse boekhandelaar, De Slegte,  van sy boeke te koop aangebied teëkom. Boeke met persoonlike opdragte voorin aan Boudewijn Büch. Onmiddellik het Komrij begin twyfel aan die egtheid van Büch se bibliofilie en eerlikheid. Dit was die einde van die vriendskap.

Komrij kon gelukkig ook daarvan getuig: As jy boeke het, het jy nie vriende nodig nie. Omdat hy hardhorend was, het hy meer op sy gemak gevoel tussen boeke as in die geselskap van mense. Die gedrukte woord bied natuurlik veel minder kans op misverstand as die gesproke woord.

Só lê hy hom in sy gedig “Hieronymus” op ’n skaars bedekte wyse aan die leser bloot. Ek het dit in Afrikaans vertaal:

Ek verslind boeke.
Wysheid is soos gras.
Groter en groter word die biblioteek
Waarin ek woon.
Vanaf Pythagoras