Select Page

Resensie: Polkadraai

Deel hierdie artikel:

Versindaba-resensent, Nini Bennett, skryf:

In Koch se tweede digbundel sit hy sy bemoeienis met tematiek soos identiteit en ruimte voort. Die bundel handel oor verlore Heimaten, oor plekke, landskappe en ’n gebondenheid aan geografiese ruimtes.

Die omslag toon ’n woordwolk waarin woorde, wat in die bundel voorkom, in verskillende groottes afgedruk staan op die voor- en agterplat. ’n Woordwolk is ’n elektronies gegenereerde beeld waarin woorde, wat in ’n teks voorkom, se verskillende groottes die frekwensie in die gebruik van die woorde voorstel. Hoe groter die woord, hoe meer is dit gebruik. ’n Woordwolk kommunikeer met ander woorde hierdie data met ’n gehoor; in hierdie geval, die leser. Die woorde op die voor- en agterplat beklemtoon die diversiteit in die herkoms van Afrikaanse woorde, en sluit woorde van Latynse herkoms, sowel erfgoed en Khoi-leenwoorde soos boegoe, karos, kierie en kwagga in.