Select Page

Koerie kies koers

Uitgewer: Turksvy Publikasies
Prys: R180.00
Eerste uitgawe, eerste druk, 2023. 48 bl.
ISBN 
978-0-7961-2324-4

Koerie, ’n pragtige, jong wedvlugduif, woon saam met sy eienaar, Adam, op Stellenbosch. Dié twee maak vriende met hul bure, Ouma Susanna en Oupa Izak, asook met hul tien kleinkinders wat op verskillende plekke in Suid-Afrika woon en soms by hul grootouers kuier. Koerie durf die grootste uitdaging van sy lewe aan toe hy ’n ultramarathon van 2 000 km tussen Pretoria en Stellenbosch vlieg, nie net omdat die kinders hom aanmoedig en bewonder nie, maar omdat die reuse-prysgeld Adam sal help om sy drome te verwesenlik. Sukses is egter nie so maklik nie …. tussen Koerie en oorwinning staan daar die kwaai, ongeskikte, windmakerige buurduif, Blits, en sy ewe onbeskofte baas, Ben, wat nie kan ophou om Koerie en Adam te bespot en uit te lag nie.

’n Jeugboek oor wen en verloor, en oor die belangrikheid van aanmoediging en ondersteuning. En oor die waarde van liefde, vriendskap en saamstaan. 

Oor Susanna van der Merwe

Susanna van der Merwe is ’n ware storieverteller wat haar ook graag aan ander mense se stories verluister. Nie sommer-net-stories of lawwe stories nie, maar verhale waarby kinders of diere betrokke is, omdat dit “eerlike” stories is, sê sy. Haar liefde vir Afrikaans en dié letterkunde het begin toe sy aan die Hoër Meisieskool Bloemhof uitstekende Afrikaans-onderwysers gehad het en daarna B. Primêr aan die Universiteit van Stellenbosch gestudeer het, met Hennie Aucamp as haar Afrikaans-dosent. Sy het ná haar troue in 1979 na die Karoo verhuis waar sy en haar man, Izak, op hul familieplaas met merino’s en Angorabokke boer. Kinders bly haar passie – om haar eie en haar kleinkinders te “ontdek” en die beste in elke kind na vore te bring.

Kontak ons

Ons hoor graag van jou. Vul asseblief die kontakvorm in of stuur ‘n e-pos na turksvypublikasies@gmail.com.

E-posadres

turksvypublikasies@gmail.com

Kontaknommer

083 467 1522