Select Page

Bekkie en die byeboer

Uitgewer: Turksvy Publikasies
Prys R150
Eerste uitgawe, eerste druk 2024, 34 bl
ISBN 978-0-7961-6822-1

 

Jy kán ’n groot verskil in iemand se lewe maak as j yen jou familie en vriende saamstaan om te help. Dis wat gebeur toe Boer Bertus se seuntjie, Simon, voor ’n probleem te staan ko men Bekkie By en die ander plaasbye besef dit oplossing lê in spanwerk.

Oor Jurina Aucamp

Jurina Aucamp van Hartenbos in die Suid-Kaap was 30 jaar in die onderwys, met die laasste deel van haar loopbaan by die Laerskool Gene Louw in Durbanville. Sy is getroud met Bennie Aucamp, afgetrede skoolhoof van Laerskool Eikestad in Stellenbosch. Hullehet drie kinders en vyf kleinkinders. Jurina se liefde vir haar kinders en kleinkinders is vir haar ’n groot inspirasie om te skryf en harte en gesinne te bereik.