Select Page

Die siel van ‘n man

Uitgewer: Turksvy Publikasies
Prys: R160.00
Eerste uitgawe, eerste druk 2023. 36 bl.
ISBN: 978-0-7961-1786-1

 

Die siel van ’n man is JP Fourie se hartsverse wat hy die afgelope jare geskryf het wanneer hy met sy emosies geworstel het – gevoelens van liefde en dikwels ook eensaamhheid, en daarby ’n diepe besef van sy enkelouerskap. Daar was dae dat hy vrae gevra het oor sy hantering van die grootmaak en grootword van sy dogters, maar veral ook oor sy belewenis van nuwe liefde. In sy debuutdigbundel plaas Fourie al hierdie kwessies op die tafel.

Oor J.P. Fourie

Juan-Pierre (JP) Fourie is in 1978 in Pietermaritzburg gebore. In 1995 matrikuleer hy aan die Hoërskool Vereeniging, studeer daarna verder in die hotelwese en nie-vernietigende toetsing oftewel NDT (non-destructive testing) en toer die wêreld vol. Hy gee uiting aan sy emosies deur gedigte te skryf, veral ná sy egskeiding in 2011. In 2024 verskyn sy romanza, ’n Pêrel vir Nettie. JP woon en werk in Pretoria en bestee sy vrye tyd aan musiek maak, sing en om kreatief in die kombuis te wees.