Select Page

Eendag as ek groot is

Uitgewer: Turksvy Publikasies
Prys: R130.00
Eerste uitgawe, eerste druk 2024
ISBN 978-0-7961-0130-3

 

Wat wil jy eendag word? ’n Prinses? ’n Ruimteman? Dalk ’n diepseeduiker? Jy kán jou drome waar maak – mits jy onthou wie jy van kleins af moet wees …

Oor Cara Fourie

Cara Fourie (18) is in Pretoria gebore. Sy het in 2022 saam met haar ouers en broer na die pragtige dorpie Groot-Brakrivier verhuis. Sy is tans (2024) ’n matrikulant aan die Hoërskool Outeniqua en skryf en teken vandat sy kan onthou. Sy het al aan vele KinnerKunsFeeste deelgeneem en word in 2019 as item-wenner in Drukkuns en Grafiese Kuns by die Pretoria Eisteddfod aangewys. Haar groot verbeelding, asook haar liefde vir kleuters, was haar inspirasie vir haar debuutkinderboek, Eendag as ek groot is. Dis vir haar ’n groot droom wat waar geword het en sy hoop op nog baie meer.