Select Page

‘n Pêrel vir Nettie

Uitgewer: Turksvy Publikasies
Prys: R180.00
Eerste uitgawe, eerste druk 2024. 194 bl.
ISBN: 978-0-7961-6893-1

 

Pas nadat haar geliefde spoorloos verdwyn het, word Nettie, ’n jong regsgeleerde in ’n dorpie aan die Suid-Kaapse kus, betrek by ’n bende welvarende smokkelaars, almal gesiene mense in die samelewing, wat die kuslyn van Suid-Afrika in hul misdadige greep het. Sy moet ook die trauma van haar ouers se dood, wat toenemend verdag lyk, verwerk en terselfdertyd haar jonger suster teen hierdie aanslae beskerm. Al ligpunt is Arno, ’n gesoute speurder, wat op die toneel verskyn …

Oor JP  Fourie

Juan-Pierre (JP) Fourie is in 1978 in Pietermaritzburg gebore. In 1995 matrikuleer hy aan die Hoërskool Vereeniging, studeer daarna verder in die hotelwese en nie-vernietigende toetsing oftewel NDT (non-destructive testing) en toer die wêreld vol. Hy gee uiting aan sy emosies deur gedigte te skryf, veral ná sy egskeiding in 2011. In 2023 verskyn sy debuutdigbundel, Die siel van ’n man. J.P. woon en werk in Pretoria en bestee sy vrye tyd aan musiek maak, sing en om kreatief in die kombuis te wees.