Select Page

Frik en Andries de Beer: Boekbekendstelling, Malmesbury

Deel hierdie artikel:

Die akademikus Frik de Beer en sy seun, die digter/”Oopmond”-verhoogkunstenaar Andries de Beer het onlangs hul boeke, wat albei in 2024 by Turksvy verskyn het, in die biblioteek op Malmesbury bekend gestel. Frik se memoir, Die gestaltes wat in ons aanwesig is, fokus nie net op sy loopbaan in die staatsdiens, in ‘n onstuimige politieke tydperk, nie, maar ook op sy persoonlike beskouings … hoe hy ‘n kopskuif gemaak het oor onder meer ons land se politieke landskap. Frik skryf ook oor die verskil in sienswyses van sy pa, sy voorgeslag, en van hom … en dit wat hy vir sy nageslag as erfenis kon bied: vrye, kreatiewe denke wat nie vasgevang is in die benouende leefwêreld van weleer nie.

Andries se digbundel, Aalmoes vir die bootman, is ‘n weerspieëling van hierdie verandering … ‘n jong man wat met heeltemal ander oë na die wêreld kyk as sy oupa.