Select Page

142 digters in een bundel

Deel hierdie artikel:

Maskers en mure is een van Turksvy se topverkoperdigbundels. Dit bevat die verse van 142 digters oor die Covid-19-pandemie wat die wêreld getref het, ‘n verskrikking wat ons nooit mag vergeet nie.

Die bundel is saamgestel deur Daniel Hugo en Francois de Jongh.

Die RSG-poësieprogram Vers en Klank, met Frieda van den Heever, het twee programme aan die bundel afgestaan. Luister gerus hier en hier.

Johann Jack Smith, wat net meer as ‘n jaar gelede oorlede is, het ‘n pragvideo vir Turksvy vervaardig waarin Daniel Hugo die aangrypende gedig “Grendelhospitaal” deur Herman Wasseman voorlees. Kyk dit hier.