Select Page

Willemse se digkuns en fotografie kom in fokus op Solo Studios

Deel hierdie artikel:

swartland is Rudolph Willemse se derde digbundel, ná Kweekskool en middelman. Kweekskool noem hy ’n “jeugwerk” (die jong intellektueel wat homself waarskynlik te ernstig opneem) en middelman gaan oor die middeljare, om in die middel te wees, om te oorleef. Volgens Rudolph handel swartland oor die geografiese plek wat ons ken as “die Swartland”. “Maar die hele Suid-Afrika en die wêreld is eintlik maar ’n swartland – ’n harde en donker plek. En dan word die swartland ook ’n geestestoestand – die plek in jou kop waar jy oor dinge dink. Uiteindelik dink ek die boek gaan oor hoe jou wêreld en jou plek daarin verander, hoe om daarmee om te gaan en dit te verwerk.”