Select Page

Sjaka S Septembir se roman ‘in die styl van Kleinboer, Miller en Bukowski’

Deel hierdie artikel:

Biko April is naïef en hy streef na liefde en romanse. Hy het ‘n kinderlike passie om sy kuns as skrywer uit te leef. Sjaka S Septembir het dié karakter geskep as die hoofrolspeler in sy roman, Die bardo van Biko April. En nes Biko April, leef Septembir ook sy passie as skrywer en kunstenaar uit deur die skryf- en teaterwerkswinkels wat hy aanbied. En hy skryf reeds aan die opvolg van sy roman.