‘Los uit!’ deur Sjaka Septembir: ’n teaterresensie
Deel hierdie artikel:
In Sjaka September (Polkadraai, Turksvy Publikasies, 2022) se debuutnarrespel slaag hy meesterlik daarin om gek te skeer met die kinderlike drang om reëls te oortree en te wil vat en gryp as grootmense uitdruklik sê: “Los uit!”
Die dinamiek tussen Meneer De Beer en Stinkie die Nar weerspieël dié van ’n baas en ’n huishelpertjie. Meneer De Beer, ’n ouer karakter, word voorgestel deur middel van ’n karaktermasker wat sy gesag en status beklemtoon. Stinkie, daarenteen, is ’n jong, kinderlike clown-karakter met ’n speelse energie wat bots met Meneer De Beer se streng reëls. Hierdie teenstellende karakters skep die perfekte spanningsveld vir humor. Die lawwe Stinkie probeer om Meneer De Beer met sy huishoudelike take te help … maar, soos dit die lot van die nar betaam, eindig alles in gladde gemors!
