Select Page

Resensie: Die bardo van Biko April

Deel hierdie artikel:

Phyllis Green van Sarie, skryf:

Die verhaal speel af in 1999, toe almal op hol gegaan het met Y2K en hoe dit die einde van die wêreld voorspel.

Die roman open met ‘n toneel waarin die 27-jarige Biko April homself gaan ophang, maar eers moet hy ‘n nota agterlaat. 

In dié nota aan sy jong meisie, Taluna, sê hy die boek is sy selfmoordnota, en as sy dit lees, sal sy dalk verstaan. 

Die roman bestaan verder uit drie bardo’s waarin Biko sy lewensverhaal vertel.