Select Page

Resensie: Op die nerf af

Deel hierdie artikel:

Mellet Moll skryf:

Anita van der Walt (1957) is op Potchefstroom gebore, ’n mediese dokter van beroep en woon in Kaapstad. Op die nerf af is Van der Walt se tweede digbundel, na haar debuut in 2021 getiteld Hierdie Maandag is abstrak.

Die bundelomslag van Op die nerf af is, soos in die geval van Van der Walt se debuutbundel, keurig saamgestel. Dit het ’n skildery van die skilder Cirkine Rossouw op die voorplat. Die skildery herinner aan die klassieke Italiaanse tradisie en is ’n voorstelling van ’n vrou wat slaap.

Op die agterplat, asook in die uitgewer se mediaverklaring, word die bundel soos volg bekendgestel: “Die meeste gedigte in hierdie bundel het ontstaan nadat Anita van der Walt ses weke in ’n hoësorgeenheid op ’n ventilator in ’n medies geïnduseerde koma gehou is ná breinbloeding. Later van tyd het sy haar oë oopgemaak … en nog ’n bietjie later kon sy huis toe gaan. Sy kyk as’t ware met nuwe oë na die wêreld. Die gedigte getuig van verwondering oor die skoonheid van die lewe en die natuur. Sy skryf sowel beeldryke vrye verse as gedissiplineerde haikoes en tankas. Elke gedig is ’n verkenning en besinning in die kleine. Op die nerf af is ’n waardige vervolg op haar debuutbundel, Hierdie Maandag is abstrak van 2020.”