Select Page

Stormlantern

Uitgewer: Turksvy Publikasies
Prys: R225
Eerste uitgawe, eerste druk, 2024 – 122 bl
ISBN: 978-0-0370-1966-1

Suid-Afrika deel sy langste grens met Botswana en albei lande het Engels en Setswana as amptelike tale. Albei lande deel ook ’n koloniale verlede, maar verskil wel in politiese vreedsaamheid. Danksy sy stewige ekonomie, eiesoortige kultuur en minder korrupsie is die land gewild by toeriste, veral Suid-Afrikaners, wat deur die uitsonderlike natuurskoon en wildernisgebiede gelok word. Die skrywer neem die leser op ’n reis vanaf die Tuli-blok langs die Limpoporivier en van daar noordwaarts via Francistown, Nata, Pandamatenga en Kasane na Chobe, terwyl die Makgadikgadipanne, Serowe en die Khama Rhino Sanctuary op die heenreis aandag geniet. Tesame met ’n kaart, foto’s en Christili Muller se eie reiservarings en tekeninge ontdek die leser verskeie fasette van die land.

Oor Johannes Lodewyk Marais

Johann Lodewyk Marais het reeds reisboeke oor Mosambiek en Kenia gepubliseer en ’n doktorale studie oor reisliteratuur oor laasgenoemde land onderneem. In Stormlantern skryf hy oor ’n besoek saam met twee medereisigers aan Botswana. Hul ervarings tydens die reis in hierdie unieke land word ingekleur met beskrywings van die landskap, die fauna en flora en selfs boeiende ontmoetings en gesprekke met mense. Sowel Marais as Muller se waardering vir die land spreek duidelik en dra by tot ’n inspirerende leeservaring.