Select Page

Feit en fiksie meesterlik verweef oor die laaste dae van Pompeii

Deel hierdie artikel:

Die laaste dae, die gevierde skrywer Marié Heese se jongste roman, is ‘n grootse geskiedkundige werk wat fiksie en nie-fiksie briljant verweef. ‘n Resensie oor die boek deur Alida Vos het pas in Sarie verskyn. 

Kom luister na ‘n gesprek tussen Marié en Daniel Hugo oor Marié se loopbaan en lewe as skrywer, ook oor haar omvattende navorsing oor die laaste dae van Pompeii in 79 n.C. – ATKV Boeke-oase, Donderdag 3 April, 10:30.