‘n Ma se slaaptydstories word ‘n boek!
Deel hierdie artikel:
Die gerekende joernalis en skrywer Carla van der Spuy en die skrywer, digter en veearts Molly Lubbinge van Mbombela het gesels oor Molly se skrywersloopbaan en hoe dié verhaal ontstaan het van die oulike olifantjie, kameelperd en luiperd. Ronéll Lareman van Oudsthoorn het die pragillustrasies gedoen.
Ontmoet Sleepslurp die Olifant, Kortkop die Kameelperd en Stompstert die Luiperd, drie diertjies wat baie anders as hul maats lyk en dikwels oor hul ongewone eienskappe gespot word. Die stories van dié drie kreatuurtjies word in versvorm vertel. In elke gedig sien ons hoe hul ongewoonheid aanvanklik vir hulle hartseer, skaamte of honger veroorsaak, maar hulle besef mettertyd dat hierdie “swak” eienskappe hulle juis uniek en interessant maak. Lesertjies leer só om hulself te aanvaar, en ontdek tussendeur sommer ook interessante feite oor die natuur. Vir kinders van 3 tot 7 jaar. Ideaal vir voorlees en dramatisering.
Molly Lubbinge
Molly Lubbinge
Ronell Lareman



