Feit, fiksie en ‘n stewige koeranthand
Deel hierdie artikel:
Op die RSG-program Skrywers en Boeke vertel die boekresensent Francois Bekker hoe baie hy die aktualiteit van Gert Coetzee se LENS: op die nuusspoor geniet het … ‘n boek wat hom in ‘n tipiese nuuskantoor van die jare tagtig afspeel, met die aktualiteit, politiek en misdaad van dié era as agtergrond. Niemand beter nie as Gert Coetzee, voormalige Volksblad-redakteur, sou daarin kon slaag nie om fiksie en niefiksie so lewensgetrou te verweef.
