Select Page

Vers en Klank: Kategismus, Daniel Hugo

Deel hierdie artikel:

Sophia van Taak praat met Daniel Hugo oor sy 17de digbundel wat in 2025 by Turksvy verskyn het. 

Dis ’n versameling propvol temas waarvoor Hugo al oor die jare bekend geword het: hy dig oor die Godheid, die digkuns self, die natuur, die liefde vir sy beminde en – ná sy onlangse 70ste verjaarsdag – ook oor die mens se sterflikheid. Maar meestal is dit ’n bundel “vol verwondering oor die hier en nou”, soos daar op die agterflap geskryf staan.