Op Kortom, RSG
Deel hierdie artikel:
Pieter van der Westhuizen (oorlede Februarie 2024) se verhale weerspieël sy fyn waarneming van die mense wat sy pad kruis. En jy wonder of van die karakters in sy kortverhaalbundel nie ook vertellings is van grepe uit sy eie grootwordjare nie …
Op 23 September 2025 het die akteur en radioman Anrich Herbst Van der Westhuizen se kortverhaal, WIE WEET WAT MENS NOOIT VAN WEET NIE, uit die gelyknamige bundel voorgelees: ‘n Jong seun wat deur sy pa verwerp word omdat hy nie eintlik in sport belangstel nie en boonop in vroueklere betrap word, se lewe rafel uit, en hy moet die skerwe optel.
