Andries de Beer deel nuwe gedig
Deel hierdie artikel:
Andries de Beer se digbundel, Aalmoes vir die bootman, het in 2024 by Turksvy verskyn. Hy deel met ons ‘n nuwe gedig (“Nog een Johannes”) vir sy volgende digbundel. Dit is getoonset en word uitgevoer deur sy band, Rafel.
Andries vertel hy het die gedig geskryf vir ‘n domineevriend van hom in Nederland vir sy intreepreek. Die teksvers was 1 Johannes. ‘n Maand vantevore is ‘n meisie van 17 vermoor wat op haar fiets in Holterbergweg gery het, op pad huis toe.
Andries beskryf Rafel as “poësie en klank” in opstand: “Ons pluk aan die hartsnare totdat die maskers lostorring. Geen voorgee, geen verskoning.”
NOG EEN JOHANNES
(vir die gemeente van Amstelkerk)
In die begin was die Woord,
op die blommemark en by die hawe,
in die coffee shops en dodgy kroeë,
in die garage langs elke skuldige
verdagte.
Ook in die raadsaal en die kerk.
In die begin was die Woord,
kaalvoet sonder klompe,
op die trein, op jou fiets.
In De Wallen, Zeedijk, Westerstraat,
De Pijp, Bos en Lommer –
selfs ook in Holterbergweg,
waar die tulpe deesdae bloedrooi blom.
Fluister die Woord steeds voort,
onverskrokke.
Nes die brugligte wag wagstaan teen die
duister
en dyke sterkstaan teen die see se
bedreiging,
het die Woord vlees geword.
Het die Woord genoeg geword
Wanneer hartseer ons stom maak
En dwing om te luister.
Die Woord het mens geword.
Aan die begin –
Oook nou, hier by ons:
liefde sonder einde.
In die begin was die Woord,
en die Woord was by God
en die Woord wás God,
Andries de Beer (Oktober 2025)
Andries is onlangs op die digkunswebtuiste, Versindaba bekendgestel. Klik hieronder om meer te lees.
Rafel met Andries de Beer.
Foto: Marlene Malan
Rafel met Andries de Beer.
Foto: Marlene Malan
Omslagontwerp, Aalmoes vir die bootman: Creative Partner