die langste jaar: onder die misleidende oppervlak praat ‘n literêre geskoolde digter
Deel hierdie artikel:
Muller Minnaar se debuutdigbundel, die langste jaar, het in 2025 verskyn. Op die oog af beskryf hy die saai lewe van ‘n staatsamptenaar. Hy is ‘n skerp waarnemer van die lewe – van omstandighede en van menslike gedrag. Hy verhef sy eie vermeende middelmatigheid tot poëtiese suiwerheid en meerwaarde. Daniel Hugo sê eintlik mislei Minnaar jou op ‘n lakoniese manier … hy sê baie meer as wat daar op die oppervlak sigbaar is.

