Marié Heese debuteer op 82 as digter
Deel hierdie artikel:
Marié Heese, bekend vir haar historiese romans, wys in haar 80’s dat ‘n mens nooit te oud is om nuwe dinge aan te pak nie. Haar debuut Afrikaanse digbundel, Skulpkrale, is gepubliseer voor sy op 27 September 83 geword het. Dié bundel het onlangs verskyn, kort na haar roman, Die laaste dae, verlede jaar gepubliseer is.
Sy was nie eintlik van voorneme om ‘n digbundel te skryf nie, maar ander het haar aangemoedig om dit te doen. “Daniel Hugo en Marlene Malan van Turksvy Publikasies het my oorreed. Ek was nie van plan om ‘n digbundel te publiseer nie. Daniel hou van my Engelse haikoes, en het geglo ek moet Afrikaanse gedigte ook hê. Toe erken ek ek het kwatryne, maar te min vir ‘n bundel. Hy het my toe aangespoor om nog ‘n klompie te skryf, wat nogal pret was. Toe gee hulle dit uit, tot my verbasing en plesier.”
Marié Heese en Daniel Hugo
Omslagontwerp: Creative Partner


