Select Page

Zani-beer en Klein-Maggie kuier op die plaas

Uitgewer: Turksvy Publikasies
Prys: R270 (BTW ingesluit)

Eerste uitgawe, eerste druk, 2025 – 46 bl
ISBN: 978-0-7961-1166-1

Zani-beer, ’n sagte, wollerige troetelbeertjie, kuier dié vakansie saam met Klein-Maggie, Boetie-Koen, Mamma-Maggie en Pappa-Dirk op oupa Jaco en ouma Marinda se pragtige plaas in Namibië. Gelukkig weet die slim klein Zani alles van plaasdiere af – skape, bokke, beeste, varke, hoenders en ganse – en kan sy vir Klein-Maggie sommer baie oor die plaaslewe en plaasprodukte leer. Dis nie al nie … sy vertel ook vir haar mensemaatjie meer oor dié mooi land se plantegroei, soos aalwyne en kokerbome. Zani weet presies wat nodig is om hul lang reis uit Suid-Afrika na Namibië lekker te maak… van padkos tot piekniekkos, van padkaarte tot paspoorte. Daarby verduidelik sy mooi aan Klein-Maggie waarom ’n mens saans, wanneer jy buite in die veld op jou rug lê, miljoene meer sterre sien as wanneer jy in die stad is.

Irene Nel

Irene Nel is ’n gebore Namibiër wat jare lank in Suid Afrika gewoon het, voordat sy uiteindelik in 2001 permanent teruggetrek het na haar geboorteland waar sy die afgelope vyftien jaar ’n onderwyseres is. Naas geloof is haar familie haar grootste passie. Haar man en beste vriend, Kallie, haar twee pragtige dogters, Marianne en Renette, haar twee wonderlike skoonseuns, Johan en Gerhard, en haar kleinkind, Xané, is die vreugde van haar lewe. Sy is op haar gelukkigste wanneer hulle as gesin saamkuier of wanneer sy en haar eggenoot in Hentiesbaai langs die see visvang. Zani-beer en Klein-Maggie kuier op die plaas is die vyfde in Irene se Zani-beer-storiereeks. Sy is ook die skrywer van twee geestelike dagstukkieboeke.