Klawer
Uitgewer: Turksvy Publikasies
Prys: R380 (BTW ingesluit)
Verskyningsdatum: 2026
Aantal bladsye: 210
ISBN: 978-1-0492-7432-4
Musikante is reisigers, avonturiers, altyd op pad na onbekende bestemmings, na nuwe plekke en nuwe mense. Dis ’n avontuur, ’n ontdekking vol verrassings en verwonderings. ’n Avontuur is egter nie net ’n fisiese reis nie, maar ook ’n innerlike reis van groei en selfontdekking. Dit maak jou oop vir die wêreld om
jou en gee jou die kans om anders te sien, anders te dink, anders te wees. Rocco de Villiers se bundel verhale oor van die plekke in Suid-Afrika waar hy al opgetree het, bied so ’n anderste reis deur die landskap van Suid-Afrika en vertel van sy ervarings en avonture in dié konsertplekke.
“’n Deurlopende tema is die rol van mense en hul stories.De Villiers plaas die klem op die waarde van alledaagse ervarings en herinneringe. Die bundel wissel tussen ligter anekdotiese vertellings en meer besinnende gedeeltes. Humoristiese insidente word afgewissel met temas soos verlies, geloof en persoonlike groei.” – Maroela Media, “Musikant se reise word verhale” – 22 April 2026
Rocco de Villiers
Rocco de Villiers (1965) is op Harrismith in die Vrystaat gebore. Hy is ’n pianis, vermaaklikheidskunstenaar, komponis en skrywer wat in Kaapstad woon. Jaarliks bied hy meer as honderd vertonings reg oor Suid-Afrika aan. Sy debuutdigbundel, Die eiesoortiges, het in 2022 by Turksvy verskyn.
