Select Page

Blog

In die boekewêreld

BLOG

In die boekewêreld

Wanneer woorde asemhaal: ‘n lesersindruk

Wanneer woorde asemhaal: ‘n lesersindruk

Maritha Broschk se bundel, Wanneer woorde asemhaal (2024), bied ’n breë en diverse blik op die menslike ervaring. In hierdie bundel verken sy uiteenlopende temas soos liefde, verlies, vrouwees en die natuur, elkeen benader vanuit verskillende oogpunte en met intense emosie.

read more
Woordvernuf waarin die allerdaagse verhef word tot iets besonders

Woordvernuf waarin die allerdaagse verhef word tot iets besonders

Ek het onlangs die bundel, wanneer woorde asemhaal, gelees en was beïndruk deur Broschk se vernuftige omgang met woorde. Vir haar is woorde “dit wat lewe skep en bevry,” word die allerdaagse ervarings van verlange en verlies besweer en omgetower tot iets moois. Die bundel bestaan uit sewe afdelings met ‘n reeks temas, soos geboorte, siekte, dood, geweld, kuns en verlange.

read more
Die taal van die liefde

Die taal van die liefde

‘n Taal sterf saam met sy laaste spreker, so word algemeen aanvaar. Daar is egter uitsonderings. ‘n Dooie taal kan voortbestaan in die geskrifte van sy onsterflike skrywers. Latyn is so ‘n taal …

read more
Vier Turksvy-digters skitter by Tuin van Digters

Vier Turksvy-digters skitter by Tuin van Digters

Op Vrydag 13 en Saterdag 14 September 2024 het die jaarlike byeenkoms van digters en musikante by die Breytenbachsentrum op Wellington plaasgevind. Dié geleentheid draai altyd om Breyten Breytenbach se verjaarsdag op 16 September. Die sentrum is gehuisves in sy ouers se losieshuis, oftewel “bordinghuis”, waarin Breyten grootgeword het. ’n Groot aantrekkingskrag is die pragtige tuin met tentoongestelde digterswoorde.

read more